Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man skiet glo vervreemde vrou dood, toe homself

’n Man het vermoedelik eers sy vervreemde vrou doodgeskiet by die huis waar sy in Kuilsrivier, Wes-Kaap, gewoon het, en later homself by ’n ander huis in die dorp.

Ernestine Muller Braaf (51) se lyk is Maandag om 20:12 met ’n enkele skietwond in die nek in ’n wit Mercedes-Benz by die huis in Confettibushstraat gevind.

’n Moordklag is toe deur die Kuilsrivier-polisie geopen.

Meer as drie uur later, om 23:55, het die polisie op nog ’n skietvoorval gereageer en by die huis in Langenhovenstraat, in die woonbuurt Soneike, op Kenneth Braaf (62), Ernestine se vervreemde man, se lyk afgekom. Sy lyk is in die agterplaas gekry waar hy in ’n stoel gesit het. Hy het ’n enkele skietwond in sy kop gehad. ’n 7.65-pistool is langs sy lyk gevind.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike dossier is geopen.

Ernestine Muller Braaf se lyk is Maandag met ’n enkele skietwond in die nek gevind. Foto: Ernestine Muller Braaf/Facebook
Kenneth Braaf se lyk is meer as drie uur nadat sy vervreemde vrou se lyk gevind is, by ’n ander huis met ’n enkele skietwond in die kop gevind. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.