Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man skiet glo sy vervreemde vrou, toe homself
Madelaine Wessels du Toit Foto: Facebook

Oomblikke nadat ’n man van Jeffreysbaai glo sy vrou in die kop geskiet het, het hy ’n vriend gebel om die polisie te laat kom voordat hy die wapen op homself gerig het.

Die polisie het Donderdag omstreeks 10:00 die egpaar se lyke in Paradysstrand, sowat 10 km buite Jeffreysbaai, aangetref.

Volgens ’n betroubare bron is Dirk du Toit en sy vrou, Madelaine Wessels du Toit, al sowat ’n jaar lank vervreem en was hulle in die proses om te skei.

Dirk het Madelaine glo Donderdagoggend gevra om hom by die huis te ontmoet. Die rede vir die ontmoeting is onbekend.

Volgens die polisie was die egpaar in hul 50’s.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die voorval het tussen 08:00 en 09:00 gebeur.

“Die man het ’n vriend gebel om te sê hy moet die polisie laat weet waar die huis se sleutels is,” sê Swart.

Sy sê dit is onduidelik of Dirk enige aanduiding van die voorval aan die vriend gegee het.

’n .38-rewolwer, wat glo die moordwapen is, is ook op die toneel gevind.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ’n saak van moord word ondersoek.

Meer oor:  Jeffreysbaai  |  Moord  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.