Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man skiet homself in been toe hy wapen rig

’n Man van Port Elizabeth het homself glo raakgeskiet toe hy sy vuurwapen op ’n ander man gerig het.

Die 28-jarige man het volgens die polisie se inligting Maandag by ’n huis in KwaDwesi ingebars waar hy die huiseienaar (30) met ’n vuurwapen gedreig het. In dié tyd het ’n skoot afgegaan en die gewapende man het homself in die bobeen geskiet.

Die huiseienaar het die aanvaller oorrompel en ontwapen.

Die vuurwapen waarmee ’n 28-jarige man homself glo in die bobeen raakgeskiet het terwyl hy die vuurwapen op ’n ander man gerig het. Foto: Verskaf

Die polisie se teenbende-eenheid het die man in hegtenis geneem en beslag gelê op ’n 9 mm-pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl is, asook agt patrone.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man is nie as ’n bendelid aan die polisie bekend nie, maar die motief vir die voorval is ook nog nie duidelik nie.

Die man word onder polisiebewaking in ’n plaaslike hospitaal behandel voordat hy Woensdag in die landdroshof sal verskyn.

Klagte van die rig van ’n vuurwapen, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie word deur die polisie ondersoek.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Raakgeskiet  |  Gedreig  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.