Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man skiet rower in maag wat vrou by huis indwing

’n Man het Vrydagoggend ’n rower geskiet nadat dié glo sy vrou bedreig en skote op hom in sy huis in Port Elizabeth geskiet het.

Die rower is in die maag getref en in ’n plaaslike hospitaal opgeneem. Sy twee makkers, wat van die toneel af weggehardloop het, word nog deur die polisie gesoek.

Die voorval het die oggend omstreeks 08:00 in Fairhamweg, Algoapark, gebeur.

Dié straat het kort daarna van polisiebeamptes en speurders gewemel wat die toneel vir leidrade gefynkam het.

’n Polisielid op die toneel by ’n huis in Algoapark waar ’n vermeende rower Vrydagoggend geskiet is. Foto: Lulama Zenzile

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou op pad was om hul kinders skool toe te neem toe drie mans hul erf binnekom. Die vrou is blykbaar terug in die huis gedwing en die drie mans wou weet waar haar man is. Toe hy te voorskyn kom, het een van die drie rowers glo op hom geskiet. Die man het teruggeskiet en een van die mans in die maag getref.

Dit is nog onduidelik waar die kinders gedurende die voorval was, maar niemand anders is beseer nie.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die slagoffers is erg getraumatiseer en volledige verklarings kon nog nie by hulle afgeneem word nie.

Naidu sê juweliersware is blykbaar ook tydens die voorval gebuit.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en huisroof.

Meer oor:  Rooftog  |  Huisbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.