Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man slaan glo suster met hamer in Kimberley dood

’n Man van Kimberley in die Noord-Kaap wat na bewering sy suster wreedaardig vermoor het, verskyn eersdaags in die landdroshof hier.

Die man het glo Sondag omstreeks 06:00 die oggend sy suster ná ’n rusie gewurg en haar met ’n hamer doodgeslaan.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Sondag na die Newton Court-woonstelblok in Kimberley ontbied waar hulle op die grutoneel afgekom het. Die vrou was reeds dood.

Volgens inligting is die moord voorafgegaan deur ’n stryery tussen die broer sy suster oor die ontruiming van die woonstel, maar die polisie ondersoek nog die motief vir die moord.

Meer oor:  Kimberley  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.