Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man stap werk toe vir hulp ná aanval
Reaksie-beamptes help die gewonde man Vrydagoggend in Phoenix, Durban. Foto: Verskaf

’n 58-jarige man het Vrydag na sy werk in Phoenix, Durban, gestap om hulp te kry nadat hy in ’n gewapende rooftog in die dy geskiet en twee keer met ’n mes in die kop gesteek is.

Reaction Units SA (Rusa) sê hulle is omstreeks 05:37 na die toneel ontbied. Die slagoffer is daar behandel.

Die man het gesê vyf mans het hom op pad werk toe voorgekeer en daarop aangedring dat hy enige waardevolle items aan hulle oorhandig. Hulle het hom aangeval toe hy geweier het.

Die polisie soek die aanvallers en iemand was teen Vrydagmiddag nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Reaction Units Sa  |  Durban  |  Geskiet  |  Stap  |  Rooftog  |  Gewapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.