Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man steek 37-jarige sersant met mes dood

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het haar hartseer oor die moord op ’n polisiesersant uitgespreek.

Die 37-jarige sers. Siphiwo Mtsewu van die Cambridge-polisiekantoor in Oos-Londen is Vrydag deur ’n man met ’n mes in sy bolyf doodgesteek.

Sers. Siphiwo Mtsewu.

Die voorval het gebeur terwyl die polisie ’n gemeenskapsuitreikprogram in die Cambridge-township gehou het. Die polisie het ondersoek ingestel toe hulle omstreeks 13:00 van ’n skermutseling naby die gemeenskapsaal bewus gemaak is. Een man was besig om ’n ander man aan te rand en met ’n mes te steek.

Volgens brig. Thembinkosi Kinana, Ntshinga se woordvoerder, het Mtsewu die aanval probeer stopsit deur die aanvaller te beveel om sy mes neer te sit. Die aanvaller het egter op die sersant afgepyl en het, ondanks skote wat op hom geskiet is, daarin geslaag om Mtsewu in die bolyf te steek. Die sersant is op die toneel dood.

Die verdagte is in hegtenis geneem en onder polisietoesig in ’n hospitaal opgeneem. Volgens ’n bron is die aanvaller later in die hospitaal dood, maar brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, kon dit nie Sondag onmiddellik bevestig nie.

Ntshinga het intussen haar medelye aan Mtsewu se familie uitgespreek en voorgeneem dat die polisie hulle in die moeilike tyd sal ondersteun.

Mtsewu is vanjaar die tweede Oos-Kaapse polisiebeampte wat aan diens doodgemaak is. Konst. Dwane Kemp (31) van die polisie se blitspatrollie-eenheid in Port Elizabeth is op 21 Januarie tydens ’n oor-en-weer-skietery met rowers by die Le Bon-bakkery in die stad raakgeskiet. Hy het later daardie middag aan sy wonde beswyk.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.