Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man steek dogter (2) met mes dood

’n Man wat vermoedelik geestesversteurd is, het sy tweejarige dogter Maandag glo vermoor deur haar verskeie kere met ’n mes te steek.

Die verdagte het na bewering vroeg wakker geword en geskree mense is besig om hom aan te val. Toe sy vrou hom daaroor uitvra, het hy haar glo aangerand.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê in ’n mediaverklaring die voorval het in die vroeë oggendure in die Bleskopmynklub-wooneenhede naby Rustenburg gebeur.

“Die verdagte het na bewering vroeg wakker geword en geskree mense is besig om hom aan te val. Toe sy vrou hom daaroor uitvra, het hy haar glo aangerand. Sy het saam met haar sesjarige seun uit die huis gevlug.”

Die verdagte het homself en hul tweejarige dogter daarna in die huis toegesluit en huisware beskadig. Volgens Mokgwabone is die polisie en ’n onderhandelaar na die toneel, maar die man was glo gewelddadig en wou nie sy samewerking gee nie.

“Lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het hom in hegtenis geneem en aan paramedici oorhandig sodat hy verdoof kon word.”

Dit is hierna dat die polisie die meisie se lyk met verskeie steekwonde in die huis gevind het. Die verdagte word nou onder polisiebewaking in die Job Shimankana Tabane-hospitaal in Rustenburg behandel. Hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Rustenburg op aanklag van moord verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het gesê hy is geskok oor die gebeure.

Meer oor:  Rustenburg  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.