Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man steek swanger vrou (28) dood oor geld

’n Jong man van Thabong, Welkom, sal eersdaags hier in die landdroshof verskyn nadat hy Maandag glo ’n swanger vrou met ’n mes doodgesteek het.

Die 24-jarige man is in hegtenis geneem kort nadat die 28-jarige vrou se lyk in haar kêrel se plakkershut gevind is.

Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

Volgens Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het die kêrel sy broer omstreeks 10:00 hospitaal toe gebring en haar alleen in die plakkershut gelos.

Voor hul vertrek het hy ’n vriend by die hek raakgeloop wat hom R20 gevra het. Die kêrel het die vriend R10 gegee en onderneem om hom die res van die geld te gee wanneer hy van die hospitaal af terugkom.

Die mans is saam daar weg. Die vriend het kort daarna teruggekeer en glo die man se swanger meisie met ’n mes aangeval. Hy het haar verskeie kere gesteek en met van haar kêrel se klere gevlug.

Volgens Makhele het die kêrel se ma onraad vermoed toe sy die man by die huis sien uitkom. Sy het ondersoek gaan instel en bloed in die huis gesien.

Die ma het die polisie ontbied, waarna op die lyk afgekom is.

Die verdagte is kort daarna aangekeer en die mes, vermoedelik die moordwapen, asook bebloede klere is glo in sy besit gevind.

Hy sal op ’n aanklag van moord in die hof verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiehoof, het inwoners geloof vir hul samewerking wat tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het.

Meer oor:  Thabong  |  Welkom  |  Landdroshof  |  Verskyn  |  Doodgesteek  |  Mes  |  Geld  |  Swanger Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.