Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man steek sy meisie met mes in kop

’n Man van Bethlehem in die Vrystaat wat na bewering sy meisie ná ’n rusie op straat doodgesteek het, sal volgende week om borgtog aansoek doen.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Mduduzi Mdakane (41) het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Bethlehem verskyn nadat hy twee dae vantevore Dibuseng Khahleli (27), sy meisie, na bewering ná ’n hewige argument vermoor het.

“Mdakane en Khahleli het Sondagmiddag in die Bohlokong-woonbuurt geloop toe ’n rusie tussen hulle ontstaan. Terwyl hulle gestry het, het hy na bewering ’n mes uitgehaal en sy meisie langs haar oor gesteek.”

Sy is na die hospitaal gehaas waar sy aan haar wonde dood is.

Lt.gen. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, sê sy is bekommerd daaroor dat vroue hul lewe aan die hand van hul lewensmaats verloor.

“Tekens en simptome van toksiese verhoudings is altyd daar en mense moet so gou moontlik hulp soek. Sterftes is een van die laaste stappe in gesinsgeweld en totaal ongevraagd.”

Mdakane doen volgende Dinsdag formeel om borgtog aansoek.

Meer oor:  Bethlehem  |  Moord  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.