Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man steel konstabel se uniform van haar lyf af

’n Dag voor die aanvang van Vrouemaand is ’n vroulike polisiekonstabel van die Oos-Kaap Dinsdagoggend in ’n taxi van haar polisie-uniform beroof en amper verkrag.

Die voorval het omstreeks 05:00 gebeur terwyl die 30-jarige polisiekonstabel na die KwaNobuhle-polisiekantoor, waar sy gestasioneer is, onderweg was.

Na verneem word, is sy in die taxi deur ’n man oorrompel wat haar uniform van haar lyf afgeruk het.

Die aanvaller het hierna glo probeer om die polisievrou te verkrag, maar sy het hom met die hulp van die taxibestuurder gekeer.

Die aanvaller het met haar uniform gevlug.

Ons kan nie toelaat dat hulle tussen wetsgehoorsame burgers woon nie. Hulle moet in hegtenis geneem word en tronk toe gestuur word, waar hulle hoort.
Lt.genl. Liziwe Ntshinga

Ná die voorval het die taxibestuurder die polisievrou in Silvertown, KwaNobuhle, afgelaai waar sy deur gemeenskaplede gehelp is.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die polisiebeampte is erg getraumatiseer en sy is in ’n plaaslike hospitaal behandel.

’n Saak van roof en poging tot verkragting word deur die polisie ondersoek.

Swart sê dit is uiters belangrik vir die polisie om die gesteelde uniform terug te kry, omdat misdadigers polisie-uniforms gebruik om hulself as beamptes voor te doen.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het haar skok oor die voorval uitgespreek en ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hul samewerking in die ondersoek te gee.

“Aanvalle op vroue en kinders sal nie geduld word nie, veral nie wanneer dit ’n polisiebeampte is wat op pad werk toe is om haar gemeenskap te dien en te beskerm nie.

“Ons vra die gemeenskap om dié gewelddadige misdadigers te identifiseer. Ons kan nie toelaat dat hulle tussen wetsgehoorsame burgers woon nie. Hulle moet in hegtenis geneem word en tronk toe gestuur word, waar hulle hoort,” het Ntshinga gesê.

Meer oor:  Kwanobuhle  |  Uniform  |  Aanranding  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.