Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man sterk aan ná hoewe-aanval
Peet Steyn toe hy Donderdag in die Netcare Montana-hospitaal opgeneem is toe hy in die linkerbobeen raakgeskiet is.

’n Man wat Donderdag in sy been geskiet is toe hy die hek van hul kleinhoewe in die noorde van Pretoria vir sy vrou oopgesluit het, sterk goed aan ná sy operasie.

Peet Steyn (59) van Honingnestkrans het Vrydag ’n operasie ondergaan nadat twee aanvallers omstreeks 04:00 op hom geskiet het. ’n Koeël het hom in sy linkerbobeen getref en die been versplinter.

Die voorval het gebeur kort nadat hy die hek vir sy vrou, Hannetjie (61), oopgemaak het sodat sy werk toe kon gaan.

Voordat Peet in die been getref is, het twee koeëls ook skrams verby sy kop getrek.

Die aanvallers het Hannetjie in die huis ingeboender en daarná gevlug met selfone, ’n beursie, ’n televisie en ’n klein kluis met messe in.

Peet Steyn (59) is hier geskiet by die hek van sy kleinhoewe in die noorde van Pretoria. Sy skoene word sedertdien vermis, nadat dit die oggend ná die voorval nog op die toneel was.

Peet is met die ambulans na die Netcare Montana-hospitaal in Pretoria geneem.

Tydens die operasie die volgende dag het dokters ’n pen in sy linkerbobeen gesit waar die been versplinter het. Sy bekken het ook in die voorval gekraak en is met ’n plaat herstel.

“Hy het gister ’n paar treë met ’n loopraam geneem,” sê Lizelle Nieuwoudt, Peet se stiefdogter.

Peet (59) en Hannetjie Steyn (61)

“Sy gesondheid lyk goed. Hy is ’n sterk persoon.”

Hannetjie is terug op die kleinhoewe, maar “baie getraumatiseerd”.

Nieuwoudt en haar twee kinders (11 en 14) was nie die oggend van die aanval tuis op die kleinhoewe nie. Hulle het die vorige aand by haar vriend oornag.

“My ma-hulle wil nie daar bly nie. Hulle wil oppak, maar ek weet nie waarheen hulle sal gaan nie,” sê sy.

“Ek wil ook nie eintlik teruggaan nie en moet dink aan my kinders se veiligheid.”

Sy vermoed die aanvallers het Donderdag deur die dag na die kleinhoewe teruggekeer. Peet se skoene wat hy aangehad het toe hy geskiet is en dakteëls word vermis.

Meer oor:  Peet Steyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.