Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man uit duisende bedrieg op OLX

Die polisie in Thabong, Welkom, waarsku inwoners om versigtig te wees vir internet-skelms wat mense uit duisende rande bedrieg.

In een van die jongste voorvalle is ’n 25-jarige man vroeër vandeesmaand uit R23 000 bedrieg nadat hy op ’n advertensie vir ’n motor op die OLX-webwerf gereageer het.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het die persoon gebel vir ’n ontmoeting nadat hy die advertensie gesien het.

Die ontmoeting het nooit plaasgevind nie, maar die “verkoper” het steeds die man oortuig om die geld in ’n bankrekening in te betaal. Hy het egter nooit die voertuig gekry nie en ná vier dae die voorval by die polisie aangemeld.

Khosana sê hoewel hy geen syfers bekend mag maak nie, het hulle reeds verskeie soortgelyke klagte ontvang.

“Ons wil mense dus bewus maak van die tipe misdade en waarsku om niks op webwerwe of deur die sosiale media te koop sonder dat hulle ’n waarborg het dat hulle die items gaan kry nie,” sê hy.

Khosana het ook mense van Thabong gewaarsku teen die toename in diefstal uit motors.

Dit gebeur gewoonlik by die mense se huise waar misdadigers voertuie se deure oopbreek of venster uitslaan.

Motors wat in strate geparkeer is, word ook geteiken en klere, skootrekenaars en geld word hoofsaaklik gesteel.

Khosana het mense gewaarsku om nie waardevolle items in hul voertuie te los nie en ook om motoralarms in hul voertuie te installeer.

Meer oor:  Olx  |  Welkom  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.