Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man uit ontvoerders se greep gered

’n Man is Vrydagoggend deur die Valke en ander polisielede in Kimberley uit die greep van ’n groep vermeende ontvoerders gered wat hom glo gedwing het om geld uit sy bankrekening te trek.

Kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, sê die verdagtes het weggekom toe die polisie op hul spoor gekom het.

“Die drama het Donderdag begin nadat die vier die slagoffer in Christiana gevange geneem het. Dit is onbekend watter tyd dit gebeur en of hulle wapens gebruik het. Hulle het hom van al sy besittings beroof en hom geïntimideer.

“Die slagoffer is gedwing om by ’n kitsbank geld uit sy bankrekening te trek. Hulle wou ook hê hy moes geld uit sy ander rekenings trek, maar sou die volgende dag Kimberley toe gaan om dit te doen.

“Die slagoffer kon Vrydagoggend nie weer geld by die kitsbank trek nie.

“Die verdagtes het hom na die banktak in New Park in Kimberley geneem om geld by die kassiere in die bank te trek. Die bankpersoneel het geweier om die geld te oorhandig.

“Die polisie het ‘n  wenk ontvang het speurwerk gedoen om die man op te spoor.

“ ’n Taakspan van die Valke, (ander) polisie en speurders het die man Vrydagoggend omstreeks 11:30 naby die bank in Kimberley gered. Die verdagtes het op die vlug geslaan.”

Die Valke ondersoek ’n saak van afpersing, ontvoering en roof.

Meer oor:  Kimberley  |  Valke  |  Ontvoer  |  Kitsbank  |  Taakspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.