Moyhdine Pangarker (54) is deur die polisie in Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Moyhdine Pangarker
Pangarker is vroeër deur die polisie as ’n persoon van belang in die verdwyning van Tazne van Wyk (8) van Elsiesrivier, Kaapstad, geïdentifiseer.
'n Bron met kennis van die ondersoek het Dinsdag gesê Pangarker is Maandagaand in Cradock in hegtenis geneem.

Die vermiste Tazne van Wyk (8)
Die departement van korrektiewe dienste het verlede week by monde van hul woordvoerder, Singabakho Nxumalo, gesê hulle het in Februarie 2019 'n lasbrief vir Pangarker uitgereik nadat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het.
Hy is volgens die bron in verband met die lasbrief in hegtenis geneem.
Pangarker moes op 6 Februarie vanjaar in die landdroshof in Worcester verskyn, maar het nooit by die hof opgedaag nie.
LEES OOK: Tazne: Gesoekte man het sy eie seuntjie mishandel
Hy sal vanoggend (Dinsdag) in die landdroshof in Cradock op 'n aanklag wat verband hou met die verbreking van sy paroolvoorwaardes verskyn. Hy sal daarna na Kaapstad geneem word.
Tazne het op Vrydag 7 Februarie weggeraak. Sy is laas gesien toe haar pa haar na ’n winkel naby hul huis in Connaught Estate, Elsiesrivier, gestuur het. Sy is sedertdien nie weer gesien nie.