3 aanvallers het ’n man van die Boschkop-gebied oos van Pretoria Maandagaand doodgeskiet.
Anton Kleyn (61) is saam met sy huismaat, Aubrey du Plessis (45), in hul huis op ’n kleinhoewe oorval.
Een van die aanvallers het met ’n vuurwapen op die mans deur die venster geskiet.

Anton Kleyn (61) is in sy huis geskiet.
Kleyn is in die bolyf geskiet en is op die toneel dood verklaar. Du Plessis is in die regterbobeen getref.
Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, is ’n televisie en twee selfone gesteel.
’n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê Makhubele.
Dit is ’n ontwikkelende storie. Hou Netwerk24 dop vir meer.

Die koeëlgate waar die aanvallers losgebrand het, kan duidelik gesien word.