Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man van Brits stabiel ná rooftog

“Die koeël sit in sy sinusholte vas.”

So sê dr. Willem du Plessis, ’n algemene praktisyn van Brits in Noordwes en pa van Stephan, wat Maandag in die gesig geskiet is toe hy toevallig verby ’n gewapende rooftog buite die poskantoor in Mabeskraal gery het.

Die 35-jarige Stephan, ook ’n inwoner van Brits wat ’n koelkamer- en lugversorgingonderneming bedryf, was omstreeks 11:00 met sy bakkie op pad om opmetings vir die installering van ’n koelkamer te gaan doen toe ’n voortvlugtende rower ’n skoot in sy rigting aftrek en hom in die gesig tref.

Stephan du Plessis Foto: Facebook

Vyf mans wat in twee bakkies gery het, het veiligheidswagte wat kontant vervoer by die poskantoor in Mabeskraal oorrompel. Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld gevlug toe een van hulle op Stephan geskiet het.

“Stephan is eers by die Unitas-hospitaal gestabiliseer voordat hy na die Steve Biko- Akademiese Hospitaal oorgeplaas is. Hy het nie ’n mediese fonds nie. Hy is stabiel en ontvang sorg van ’n hoë gehalte,” sê Du Plessis.

Volgens Du Plessis sal sy seun beslis ’n rekonstruksie aan sy neus moet ondergaan. “Die mond-, neus- en kaakspesialis gaan hom vandag ondersoek, maar daar is nog baie swelling.

Netwerk24 het vroeër berig dat Stephan meer as 20 km na die Rietfontein-kliniek in Mabalstad gery het om hulp te soek nadat hy geskiet is. Stephan het Du Plessis gebel en by die kliniek ’n WhatsApp-boodskap met sy ligging aan hom gestuur voordat hy sy bewussyn verloor het. Hy is deur paramedici gestabiliseer en per lugambulans na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die gewapende roof in hegtenis geneem nie. “Die polisie soek na ’n groenkleurige Ford Bantam-bakkie en ’n wit Toyota Hilux wat in die rooftog gebruik is,” sê Tselanyane.

Niemand anders is beseer nie. Klagte van gewapende roof en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Meer oor:  Dr. Willem Du Plessis  |  Brits  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Skiet  |  Stephan Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.