Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man van Kaapse Vlakte vas oor Mandrax, ammunisie

’n 29-jarige man van Malawi-kamp naby Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte is Vrydag in hegtenis geneem vir die besit van dwelms ter waarde van R75 000, asook die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die onwettige besit van ammunisie.

Kapt. FC van Wyk sê die polisie het inligting ontvang oor die gesteelde goedere en dwelms en daar is toe op die huis toegeslaan.

“1 530 Mandrax-tablette met ’n geraamde straatwaarde van R75 000 is gevind,” sê van Wyk.

“Daar is ook 576 patrone, vyf tweerigting-handradio’s en verskeie selfone in die man se besit gevind wat moontlik aan voorvalle van diefstal gekoppel kan word.”

Die man sal Maandag in die landdroshof in Goodwood verskyn.

Die Mandrax-tablette wat in die verdagte se besit gevind is.
Die ammunisie wat by die man gevind is.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Klopjag  |  Dwelms  |  Mandrax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.