Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas by Beitbrug ná hy plofstof na SA wou smokkel

’n Man wat plofstof oor die Beitbrug-grenspos van Zimbabwe na Suid-Afrika wou smokkel, is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem.

Die 27-jarige man het die plofstof in kartonbokse oor die grens probeer smokkel.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die bokse was in ’n vragmotor versteek.

Die polisie het op 115 eenhede plofstof sowel as ontstekers beslag gelê.

Ngoepe sê die man was vanaf Zimbabwe na Alberton in Gauteng onderweg.

Hy sal eersdaags in die landdroshof in Musina op aanklagte van die besit van plofstof verskyn.

Volgens Ngoepe sal die polisie in sy ondersoek vasstel presies waarheen die man die plofstof wou smokkel.

Meer oor:  Beitbrug  |  Smokkel  |  Vragmotor  |  Plofstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.