Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas by Tzaneen toe polisie afkom op wapens
Die wapens waarop die polisie in Limpopo buite Tzaneen beslag gelê het. Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het beslag gelê op verskeie aanvalsgewere wat moontlik in transitorooftogte gebruik sou word.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die wapens is Woensdagmiddag in ’n huis in die Mokomotji-nedersetting in Maake, buite Tzaneen, gekry.

’n Man is in hegtenis geneem in die huis waar die wapens gevind is. Die 26-jarige man sal eersdaags op ’n aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens in die landdroshof in Tzaneen verskyn.

Die polisie het beslag gelê op ’n AK47-aanvalsgeweer, twee R5-gewere en ’n 9 mm-pistool. Daar was ook nege vol magasyne vir die AK47.

Die aanvalsgewere en ammunisie waarop die polisie in ‘n huis buite Tzaneen in Limpopo beslag gelê het.Foto: SAPD

Mojapelo sê hulle het ook afgekom op ammunisie, ’n polisie-glimbaadjie en twee stelle swart handskoene. Daar was ook ’n plofstoftoestel en ’n battery.

Ballistiese toetse sal gedoen word om vas te stel of die wapens voorheen in misdrywe gebruik is.

Intussen is niemand nog in hegtenis geneem ná Vrydag se transitorooftog net buite Tzaneen nie.

Twee veiligheidswagte van SBV is lig beseer toe hulle laatmiddag op die R36 in die Nkowankowa-gebied deur ’n onbekende hoeveelheid gewapende mans oorval is.

Die veiligheidswagte is met wapens aangehou terwyl van die rowers die geldwa met plofstof opgeblaas het. Hulle het ’n pistool van een van die wagte gesteel en met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Enigiemand met inligting kan die Stop Misdaadnommer 08600 10111 bel.

Meer oor:  Limpopo  |  Tzaneen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.