Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas in verband met moord by hospitaal

Die polisie het Maandag ’n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n 25-jarige intern-dokter in Mankweng buite Polokwane.

Die verdagte is vermoedelik die vermoorde vrou se kêrel.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, is die vrou se lyk Sondag in haar kamer in die Mankweng-hospitaal gevind.

“’n Getuie wat die hospitaal besoek het, is in kennis gestel van die slegte reuk wat uit een van die kamers gekom het, en by nadere ondersoek was een van die kamers na bewering van buite gesluit.

“Die polisie is gebel en het die deur oopgebreek. Die oorledene is op haar bed gevind. Sy was reeds in ’n vroeë stadium van ontbinding,” sê Mojapelo.

Ondersoeke het begin en die verdagte is Maandag in Giyani opgespoor en in hegtenis geneem.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir hul vinnige reaksie en die daaropvolgende inhegtenisneming.

“Die motief vir die moord is in hierdie stadium onbekend,” sê Mojapelo.

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Mankweng verskyn.


Meer oor:  Mankweng  |  Polokwane  |  Moord  |  Mediese Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.