Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas met R1,7 m. se perlemoen in Kaapse voorstad

’n Man is Dinsdag in Edgemead, Kaapstad, voorgekeer met perlemoen met ’n geraamde waarde van sowat R1,7 miljoen in sy besit.

Die 45-jarige man sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Goodwood verskyn.

Die Valke het die middag gesê sy eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die honde-eenheid en amptenare van die departement van omgewingsake, bosbou en visserye het in Gideon Malherbe-singel toegeslaan op geriewe waar perlemoen geberg en verwerk is.

Daar is op 4 817 stukke perlemoen in ’n huis in dié woonbuurt beslag gelê wat saam 245 kg weeg.

Op foto’s wat die Valke beskikbaar gestel het, kan verskeie droograkke met perlemoen, ’n waaier en ander toerusting gesien word.

Van die perlemoen waarop daar Dinsdag in Edgemead, Kaapstad, beslag gelê is.
Die Valke het Dinsdag ’n man in Edgemead voorgekeer nadat duisende stukke perlemoen in ’n huis gevind is.
Droograkke en ’n waaier in ’n huis in Edgemead waar daar op R1,7 miljoen se perlemoen beslag gelê is.
Meer oor:  Kaapstad  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.