Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná gyseldrama in Durbanse middestad
Die toneel Donderdagmiddag in die Durbanse middestad waar ’n man in hegtenis geneem is nadat hy na bewering mense in ’n gebou in Anton Lembedestraat as gyselaars gehou het. Niemand is in die voorval beseer nie. Foto: Verskaf

’n Man is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy glo mense in ’n gebou in die Durbanse middestad as gyselaars gehou het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het bevestig die situasie by die Salmon Grove Chambers-gebou in Anton Lembedestraat is ontlont.

Die polisie het met die man onderhandel, waarna hy in hegtenis geneem is.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, het gesê niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie en paramedici is omstreeks 14:30 na die gebou ontbied. Van Reenen het vroeër gesê die man was glo gewapen en het oor ’n ploftoestel beskik.

Meer oor:  Durban  |  Gyselaarsdrama  |  Middestad  |  Onderhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.