Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná hy oudburgemeester glo ontvoer

’n Verdagte (35) wat vir die ontvoering en kaping van Lindiwe Ntshalintshali, voormalige burgemeester van eMalahleni, in hegtenis geneem is, verskyn eersdaags in die hof.

Ntshalintshali en ’n familievriend is Woensdag naby Ogies, 34 km suidwes van eMalahleni, gekaap en gyselaar gehou.

“Ons kan nog nie bevestig hoe die kaping plaasgevind het nie, maar die voormalige burgemeester en haar familievriend is tot in die oggendure gyselaar gehou.

“Die verdagte het die twee vroue glo aangerand terwyl hy hul geld en persoonlike artikels geroof het.

“Hy het hulle later naby Balmoral in Johannesburg afgelaai en weggejaag met die slagoffer se motor,” sê kol. Mtsholi Bhembe.

Bhembe sê goeie polisiewerk het gelei tot die inhegtenisneming van die verdagte.

“Die slagoffer se motor is by ’n gastehuis in Ekangala naby Cullinan gevind. Die verdagte is hier in hegtenis geneem. Hy was in besit van al die gesteelde goedere.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.