Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná hy verbyganger in Hartbeespoort glo aanrand

’n Man van Hartbeespoort is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo ’n verbyganger met onder meer ’n knopkierie aangerand het.

Volgens kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, is die man aangerand toe hy verby die verdagte se huis gestap het.

“Drie mense het hom nadergeroep. Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy goedere by hulle gesteel het. Een van hulle het die man toe glo aangerand,” sê sy.

Volgens haar het die man na die naaste polisiekantoor gegaan en ’n klag van aanranding ingedien.

Die polisie is toe saam met hom na die verdagte se huis waar die slagoffer hom uitgeken het.

Funani sê gerugte dat die slagoffer die verdagte se huis betree het om hom en sy gesin aan te val is onwaar.

“Hy was nooit in die huis nie,” sê sy.

Sy sê gemeenskapslede het Sondagoggend voor die polisiekantoor betoog en die verdagte se vrylating geëis.

“Die verdagte sal Maandag op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die landdroshof in Hartbeespoort verskyn.”

Meer oor:  Hartbeespoort  |  Aanval  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.