Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná moord op bejaarde in Capitalpark

Die polisie het ’n 47-jarige man in hegtenis geneem ná die moord op die bejaarde Babsie Cowley in haar huis in Capitalpark, Pretoria.

Die 94-jarige Cowley, wie se lyk Vrydagoggend in haar huis aangetref is, het die man geken.

Alles dui daarop dat sy versmoor is. Daar was glo ’n plastieksak oor haar kop getrek. Al die kontant wat sy by haar gehad het, is geroof.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die man sal binnekort in die hof verskyn.

Cowley is vermoedelik in die loop van Donderdagnag of Vrydagoggend vermoor.

Die verdagte is glo bekend as ’n dwelmgebruiker en is na bewering onlangs uit die tronk vrygelaat.

Dit is nog nie bekend waarom hy in die tronk was en presies wanneer hy vrygelaat is nie.

Sy verwantskap aan Cowley is ook nog onbekend.

Meer oor:  Pretoria  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.