Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná polisielid aan meswonde sterf
Sers. Andile Simka Foto: Verskaf

’n Jong man sal Dinsdag in verband met die moord op ’n polisiebeampte van Gqeberha (Port Elizabeth) in die hof verskyn.

Die 25-jarige beskuldigde is Sondagaand vir die moord aangekeer nadat sers. Andile Simka (45) Vrydag in die hospitaal dood is, sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Simka, wat by die Ikamvelihle-polisiekantoor in Motherwell gestasioneer was, is vroeg Woensdagoggend met ernstige steekwonde aan sy bolyf voor sy huis in Mankazanastraat aangetref. Hy is in die hospitaal opgeneem, maar het twee dae later aan sy beserings beswyk.

Beetge sê Simka was ten tyde van die aanval nie aan diens nie.

Die polisie vermoed dat ’n stryery tussen vriende tot die aanval op Simka gelei het, maar dit is nog onduidelik waaroor die stryery gegaan het.

Verdere ondersoekwerk het die polisie Sondagaand na die beskuldigde gelei.

Simka is minstens die vierde polisiebeampte wat sedert die begin van die jaar in die Oos-Kaap vermoor is.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Polisieman  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.