Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná polisielid van Nigel se lyk in dam gekry is
Ao. Johan Lewis (48) van die Springs-polisie.Foto: Facebook/Johan Lewis

’n Man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die lyk van ’n Gautengse polisielid in ’n plaasdam by Nigel gevind is.

Die polisie het bevestig dat die lyk van die polisielid, wat van diens af was, Maandagaand gevind is nadat ’n verbyganger glo ’n polisievoertuig op die plaas gesien en ondersoek ingestel het.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdagmiddag gesê die verbyganger het die polisielid se lyk nie ver van die polisievoertuig in die water aangetref.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die polisielid die dam ingestoot is en verdrink het.”

Intussen is op die Facebook-blad van ao. Johan Lewis (48) hulde aan hom gebring en medelye is met sy vrou en kinders uitgespreek.

Peters kon egter nie die polisielid se naam bevestig nie.

Luidens Lewis se Facebook-profiel woon hy in Nigel en is hy ’n adjudant-offisier in Springs. Hy skryf dat hy lief is vir rugby en hengel.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het dit in ’n verklaring verwelkom dat iemand reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Hy het die ondersoekspan “vir die spoedige inhegtenisneming” geloof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.