Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná rooftog by juwelierswinkel

’n 32-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Sondag vermoedelik by ’n rooftog in ’n juwelierswinkel in Kaapstad betrokke was.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die eienaar van die winkel in Prestwichstraat het ’n oproep gekry van iemand wat gesê het hy is ’n verkeersbeampte wat ’n ring wil koop.

“Die eienaar is na sy winkel toe en ’n man in ’n verkeersuniform het opgedaag,” sê Rwexana.

Volgens haar het die eienaar die deur oopgemaak toe twee ander mans dit verder oopgedwing het.

“Die verdagtes het die slagoffer met ’n voorwerp teen die kop geslaan. Hulle het twee vertoonkaste oopgebreek en ringe gesteel.”

Rwexana sê die mans het in drie voertuie van die toneel af gevlug.

’n Voorlopige ondersoek het tot die inhegtenisneming van die 32-jarige man gelei, wat glo een van die verdagtes se voertuie bestuur het. Hy sal in die landdroshof in Kaapstad verskyn sodra hy aangekla is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Juwelierswinkel  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.