Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná vriendin se dood

’n Man sal Donderdag in die hof verskyn vir die moord op sy vriendin nadat hy in Port Alfred opgespoor is.

Dié 33-jarige man het na bewering sy vriendin, Vuyokazi Faba (34), sowat twee weke gelede met ’n byl aangerand.

’n Soektog is op tou gesit nadat Faba op 21 Desember in ’n hospitaal in Port Elizabeth dood is en haar pa die voorval by die polisie aangemeld het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Faba is glo ’n week voor haar dood aangerand terwyl sy by ’n vriend in Rocklands, aan die buitewyke van Port Elizabeth, gekuier het.

Volgens ooggetuies het haar vriend die betrokke dag by die vriend se huis opgedaag en aggressief teenoor haar opgetree. Hy het haar glo by die huis uitgesleep en begin aanrand. Hierna het hy blykbaar ’n byl opgetel en haar daarmee geslaan voordat hy weggehardloop het.

Janse van Rensburg sê die polisie het Maandag inligting opgevolg en die verdagte opgespoor by ’n familielid se huis in Port Alfred waar hy weggekruip het.

Brig. Thandiswa Kupiso, waarnemende bevelvoerder vir die Mountweg-polisiegebied, sê die polisie sal alles moontlik doen om die verdagte vir die duur van die verhoor in aanhouding te hou.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Vermoor  |  Byl  |  Moord  |  Polisie  |  Hof  |  Arresteer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.