Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná vrou in Prieska aangerand, verkrag is

’n 39-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat ’n vrou van Prieska in die Noord-Kaap in haar huis aangeval en verkrag is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die 60-jarige vrou is Maandagoggend omstreeks 01:30 aangeval terwyl sy geslaap het. Sy is eers geslaan, met ’n hamer aangerand en daarna verkrag.

Die aanvaller het glo deur ’n venster by die huis ingekom.

Die vrou kon hulp ontbied nadat die aanvaller gevlug het, en is na ’n hospitaal gehaas.

Ramatseba sê die polisie het dadelik met ’n uitgebreide soektog na die man begin en het hom omstreeks 09:00 Dinsdagoggend in Prieska vasgetrek.

Brig. Nicky Mills, bevelvoerder vir die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in die Noord-Kaap, het sers. Riaan van Wyk bedank vir die deeglike ondersoek wat tot die vinnige inhegtenisneming van die verdagte gelei het.

Ramatseba sê die man sal binnekort in die landdroshof in Prieska verskyn.

Meer oor:  Prieska  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.