Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas nadat hy glo motor kaap, bestuurder skiet
Die polisie in Limpopo deursoek ’n motor vir vermoedelik gesteelde goedere. Foto: SAPD

’n Man wat glo ’n motor in Pretoria gekaap en die bestuurder geskiet het, is die naweek in die Tinmyne-gebied buite Mokopane in hegtenis geneem.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 51-jarige man en nog twee mense het glo ’n Ford Figo in Pretoria gekaap. Die motorbestuurder is geskiet en is later aan sy wonde dood.

Die polisie soek na die ander twee verdagtes.

Ngoepe sê sedert verlede Maandag is 1 796 mense in Limpopo weens verskeie misdrywe in hegtenis geneem as deel van misdaadbekampingsveldtogte oor die provinsie heen.

Daar is op vyf gesteelde voertuie, ses gesteelde vuurwapens en 407 los sigarette beslag gelê. Die polisie het ook op 177 daggaplante, kokaïen, nyaope en 178 g dagga beslag gelê. 1 860 verkeersboetes is die afgelope week uitgereik.

Ngoepe sê twee mans van 25 en 27 jaar oud is in Thohoyandou in die Vhembe-distrik in verband met minstens sewe sakerooftogte in hegtenis geneem.

In een van die voorvalle is ’n petroljoggie by ’n vulstasie in Thohoyandou met ’n mes gesteek. Sy kollegas is aangerand en die aanvaller het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Die Limpopo-polisie se hoofwegpatrollie het 69 mense in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde voertuie, inbrake by huise, die oortreding van die Immigrasiewet, sowel as die besit van dagga.

Ngoepe sê een van die voertuie is glo onlangs op ’n plaas in die Thabazimbi-distrik gesteel.

Die polisie in Limpopo het op groot hoeveelhede dagga beslag gelê. Foto: SAPD
Die polisie het op groot hoeveelhede dagga in Limpopo beslag gelê. Foto: SAPD
Meer oor:  Mokopane  |  Geskiet  |  Kaping  |  Motoris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.