Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas nadat hy verkeersman doodry

’n Man (28) is in Limpopo in hegtenis geneem in verband met ’n tref-en-trap-ongeluk waartydens ’n verkeersbeampte Vrydag dood is.

Masedi Mabusela (48), ’n verkeersbeampte van die Tubatse-Fetakgomo-munisipaliteit, het Vrydag om 15:00 verkeersaanwysings gegee toe ’n motor teen ’n hoë spoed aangekom en hom glo raakgery het toe hy dit probeer stop het.

’n Ander verkeersbeampte het die motor tot by Strydkraal nagesit, waar hy die man ingehaal en in hegtenis geneem het. Die man is toe aan die polisie oorhandig.

Mabusela is onmiddellik na die hospitaal geneem, maar het later aan sy wonde beswyk.

Voorlopige ondersoeke deur die polisie dui daarop dat die bestuurder onder die invloed van alkohol was.

’n Bloedmonster is van hom geneem.


Meer oor:  Padsterfte  |  Verkeersman  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.