Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas nadat meisie (13) in Worcester verkrag is

’n Man (28) verskyn Maandag in die hof in Worcester in verband met die verkragting van ’n 13-jarige meisie.

Die meisie het op Vrydag 11 Oktober buite die skool vir haar saamrygeleentheid gewag, maar toe besluit om huis toe te stap toe die geleentheid nie opdaag nie.

Ao. Julian Plaatjies, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is Saterdag in hegtenis geneem.

“Hy sal Maandag in die landdroshof in Worcester verskyn.”

Die meisie is omstreeks 14:30 in die bosse naby een van die Brandwacht-plase buite die dorp verkrag nadat die man haar met ’n mes gedreig en die bosse ingedwing het.

Sy het ná die verkragting die nodige mediese hulp en berading ontvang.

Meer oor:  Worcester  |  Misdaad  |  Inhegtegisname  |  Verkagting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.