Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas nadat plaaswerker aangeval is

Boere van die Ventersburg-omgewing in die Vrystaat het Woensdagoggend ’n hawelose man aangekeer nadat hy glo ’n veewagter in ’n plaasaanval met ’n kapmes aangeval het.

Die man, wat vermoedelik aan ’n geestesiekte ly, is in die vroeë oggendure aangekeer nadat hy Ramathe Molete (65) ’n veewagter, vroeër vandeesmaand met ’n kapmes aangerand het.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die aanval het op Vrydag 4 Oktober omstreeks 21:00 op Damplaas gebeur.

Die boere het die polisie gebel en die beamptes het saam met die boere na die man gesoek.

Molete was in sy huis besig om te eet toe die man inkom en hom met ’n kapmes aanval. Hy het wonde aan sy kop en linkerarm.

Volgens Makhele het Molete gevlug na die Mooidam-grondpad naby die N1-hoofweg waar boere hom gekry het terwyl hulle besig was met ’n operasie.

Die boere het die polisie gebel en die beamptes het saam met die boere na die man gesoek.

Makhele sê daar is ’n moontlikheid dat die man aan ’n geestesiekte ly en die polisie kon nog nie sy naam, ouderdom of agtergrond vasstel nie.

Hy sal in die rondgaande hof op Ventersburg verskyn om na ’n instelling verwys te word vir assessering.

Die ondersoek deur voort.

Meer oor:  Ventersburg  |  Aangeval  |  Plaaswerker  |  Hawelose  |  Landelike Veiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.