Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas nadat vrou wat bad, verkrag is

Die vermeende verkragter van ’n vrou van die Oos-Vrystaat is by sy blyplek in Fouriesburg aangekeer ’n week nadat die vrou in haar huis aangeval is.

Die polisie het dié skets van die verdagte in ’n verkragtingsvoorval uitgereik, ’n beloning van R10 000 is ook uitgeloof.

Riaan Corbett, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die gebied, sê die man is danksy ’n wenk uit die gemeenskap gevang.

Corbett sê van die vroulike slagoffer se besittings is in die man se huis gevind.

“Hy het na bewering oor ’n tydperk goed uit haar huis gesteel,” sê Corbett.

Die 55-jarige slagoffer het op 12 September ná werk in haar plaashuis gebad toe die man haar in die badkamer oorval, gewurg en verkrag het. Die vrou is in die aanval beseer en moes mediese behandeling kry.

Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, het Vrydag bevestig ’n 28-jarige verdagte is in Mashaeng, Fouriesburg, in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Die man het ná die verkragting gevlug. Niks is gesteel nie.

Die vrou kon hulp ontbied waarna ’n groot hoeveelheid polisielede, boere en weermaglede die gebied gefynkam het. Die polisie het ook verlede Vrydag ’n skets van die verdagte uitgereik en bekend gemaak dat ’n beloning van R10 000 vir die man se inhegtenisneming aangebied word.

Corbett sê sodra die verdagte danksy DNS-bewyse positief met die verkragting verbind word, sal die beloning uitbetaal word.

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Oos-Vrystaat  |  Fouriesburg  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.