Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas oor onwettige sigarette in winkel
Van die onwettige sigarette wat in die stoorkamer van die winkel in Lephalale gevind is. Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het beslag gelê op onwettige sigarette ter waarde van duisende rande.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, is ’n 27-jarige man Maandag in Lephalale in verband hiermee in hegtenis geneem.

Die man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof hier verskyn.

’n Tweede verdagte word nog gesoek nadat hy daarin geslaag het om van die polisie te vlug.

Volgens Mojapelo is die een man aangekeer tydens ’n polisiepatrollie in die sakegebied van die dorp.

Die betrokke winkel is enkele blokke van die plaaslike polisiekantoor af. Talle bokse met onwettige sigarette daarin is in die stoorkamer van die winkel gevind.

Meer oor:  Lephalale  |  Limpopo  |  Sigarette  |  Polisie  |  Beslaglegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.