Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas oor R3,5 m. se kreef

Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye het Maandag die inhegtenisname van ’n 38-jarige man in die Wes-Kaap verwelkom wat in besit van kreef ter waarde van R3,5 miljoen betrap is.

“Die departement glo die inhegtenisneming stuur ’n duidelike boodskap aan voornemende stropers dat die voortdurende stropery van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne nie geduld sal word nie,” sê Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, bosbou en visserye.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, is die inwoner van Hawston, Maandag omstreeks 06:40 vir die besit van kreef met ’n straatwaarde van R3,5 miljoen in hegtenis geneem.

“’n Veiligheidswag was met ’n roetinepatrolliewerk besig toe hy ’n voertuig in die Lwandle-omgewing onder verdagte omstandighede gewaar. Hy het dadelik die polisie ontbied,” sê Van Wyk.

“Die man het in die rigting van die N2-hoofweg in Somerset-wes weggejaag met die polisie kort op sy hakke. Hy is van die pad afgetrek voordat hy Sir Lowry’s-pas kon bereik. In die voertuig is 6 832 kreefsterte en 235 lewende krewe gevind,” sê Van Wyk.

Die man is in aanhouding en sal eersdaags in die landdroshof in Somerset-Wes op aanklag van die onwettige besit van kreef en kreefsterte verskyn.

“Ons sal alle hulpmiddels tot ons beskikking gebruik om stropers in hul spore te stuit,” sê Modise.

Meer oor:  Visvang  |  Bosbou En Visserye  |  Kreef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.