Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas oor vuurwapen en dwelms in Elsiesrivier

’n Man verskyn Donderdag in die landdroshof in Goodwood nadat hy Dinsdag by ’n huis in Avonwood, Elsiesrivier, deur lede van die bende-eenheid in hegtenis geneem is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Dinsdag omstreeks 11:30 inligting opgevolg dat daar ’n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en dwelms by ’n huis in C.L. Adamsweg, Avonwood, is.

“Toe die lede by die huis opdaag, het ’n man die deur vir hulle oopgemaak. Hulle het die rede vir die besoek verduidelik, waarna hy hulle laat inkom en toegelaat het om die huis te deursoek.”

Van die items waarop lede van die bende-eenheid in ’n huis in Avonwood, Elsiesrivier, beslag gelê het. Foto: SAPD

Van Wyk sê die polisie het in die 27-jarige man se slaapkamer ’n ongelisensieerde .22-pistool, 13 patrone, ’n leë magasyn, ’n bruin holster vir ’n vuurwapen, 15 pakkies tik en ’n skaal gevind.

“Die man is vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en die besit van dwelms in hegtenis geneem.”

Van Wyk sê die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit met enige misdade verbind kan word.

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Aangekeer  |  Bende-Eenheid  |  Dwelms  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.