Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas oor wapens nie in kluis toegesluit is

’n 42-jarige man van Nelspruit is Maandag in hegtenis geneem omdat talle van sy vuurwapens in sy huis nie in ’n kluis toegesluit is soos die wet voorskryf nie.

Die Valke het inligting oor die wapens van die man, ’n eienaar van ’n sekerheidsmaatskappy, ontvang.

Met hul aankoms by sy huis het hulle agt verskillende kalibers vuurwapens gevind wat wettig in sy besit is.

“Maar hierdie vuurwapens is egter nie gestoor volgens die Wet op die Beheer van Vuurwapens nie,” lui ’n verklaring van die Valke.

Ses gewere en twee 9 mm-pistole is gekonfiskeer. Die man is in hegtenis geneem en hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Nelspruit verskyn.

Meer oor:  Kluis  |  Wapens  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.