Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas vir handel in diamante

’n Vermeende diamantsmokkelaar het Vrydag op ’n aanklag van onwettige diamanthandel in die landdroshof in die Strand verskyn.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het Hamukwaya Eliakim (58) op 2 April vasgetrek. Hy het die diamante ingesluk toe hulle hom genader het.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die verdagte is na ’n mediese fasiliteit geneem waar die diamante opgespoor is. Daar is toe op die diamante beslag gelê.

Die saak is tot 18 April uitgestel wanneer Eliakim om borgtog sal aansoek doen.

* Intussen het Vuyolwethu Xaso (32) in ’n onverwante voorval in die landdroshof in Vredenburg op ’n aanklag van voertuigdiefstal verskyn.

“Die voertuig is in Klaas Baard-straat in Vredenburg verlate gevind nadat dit in ’n transitorooftog in November 2017 gebruik is,” sê Nkwalase.

Hy sê die rooftog het in Oktober 2017 in Rondebosch plaasgevind.

Hy sê die Valke het Xaso met die voorval verbind en hy is op 11 Junie 2018 aangekla.

“Sy borgtogaansoek is suksesvol teengestaan,” sê Nkwalase.

Nog ’n klag van voertuigdiefstal is op 11 April teen hom aanhangig gemaak.

Die saak is tot 10 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Meer oor:  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.