Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas vir moord op Helga van Wyk van Durbanville

’n 29-jarige man is Vrydag vir die moord op Helga van Wyk (62) van Durbanville, Kaapstad, in hegtenis geneem en verskyn Maandag (vandag) in die landdroshof in Bellville op aanklagte van onder meer moord en poging tot moord.

Johann en Helga van Wyk. Foto: Facebook

Luidens inligting het die deurbraak gekom nadat die polisie kringtelevisiebeelde gesien het waar die man glo ’n bankkaart van die oorledene en haar man by ’n kitsbank gebruik.

Die bankkaart is die dag van die moord in die Van Wyks se huis in Proteastraat gesteel.

Die ondersoekbeamptes het die kringtelevisiebeelde nagegaan en informante gevra om te help om uit te vind wie die man is en waar hy hom bevind.

Verlede Donderdag is inligting ontvang van waar die man is. Hy is Vrydag in hegtenis geneem en het die naweek in die polisieselle deurgebring.

Van Wyk, ’n geliefde onderwyseres van die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein, is Maandag 10 Junie met ’n enkele steekwond in haar hart vermoor. Sy het in ’n plas bloed in haar bed gesterf.

Haar man, adv. Johann van Wyk (65), het haar te hulp gesnel, maar is sowat ses keer deur die aanvaller gesteek. Hy het self na die MediClinic Durbanville gery waar hy ’n noodoperasie ondergaan het.

Meer oor:  Helga Van Wyk  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.