Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas vir moord op juffrou

’n Veertigjarige man verskyn Maandag in die landdroshof in Mogwase in verband met die moord op Khumontle Mokgosi (25), ’n jong onderwyseres van die Rustenburg-omgewing.

Die verdagte word luidens ’n verklaring wat uitgereik is deur Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, ook van diefstal en die besit van gesteelde goedere aangekla.

Khumontle Mokgosi (25)

Hy is Vrydag by Goo-Mokgatle in die Dinokana-nedersetting buite Zeerust vasgetrek.

’n Groot span lede van die polisie en verkeersbeamptes was op sy spoor.

Die verdagte het na bewering Mokgosi se bankkaart en aankope wat in haar kar was, soos klere, ’n motorbattery en drank, by hom gehad.

Die polisie het toe reeds vasgestel Mokgosi se bankkaart is by ’n kitsbank in Northam en Zeerust gebruik om kontant te onttrek. Mokgosi se twee selfone is ook deur die polisie teruggevind, lui die verklaring.

Mokgosi se lyk is Maandag 29 Junie in haar huurwoning in die Magong-nedersetting naby Mogwase gekry. Haar bure en lede van die skool se beheerliggaam het na haar gaan soek nadat sy nie by die skool opgedaag het nie.

Sy is vermoedelik verwurg. Sy is gekry met haar hande en voete vasgebind.

Sy het onlangs haar loopbaan by die Makoba Secondary School begin.

LEES OOK: Jong onderwyseres vasgebind en verwurg

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir hul ondersoekwerk in die saak.

“Die arrestasie moet dien as ’n waarskuwing vir alle misdadigers en spesifiek mans wat geweld teen vroue pleeg. Ons sal sorg dat hulle betaal vir hul goddelose dade.”


Meer oor:  Khumontle Mokgosi  |  Zeerust  |  Misdaad  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.