Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas vir moord op swanger vrou

’n Man is Vrydagaand in hegtenis geneem vir die moord en verkragting van ’n swanger vrou van Hlobane in KwaZulu-Natal.

Volgens die polisie is Zilandile Xulu (34), wat sewe maande swanger was, se lyk op 30 Junie 2020 op ’n krans gevind, drie dae nadat sy verdwyn het.

“Haar verdwyning is nie by die polisie aangemeld nie. Die oorledene is na bewering verwurg, met ’n skerp voorwerp gesteek en verkrag. ’n Saak is by die Hlobane-polisiekantoor geopen,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Die polisieondersoek het aan die lig gebring dat die oorledene in haar slaapkamer dood is, daar uitgesleep en by die krans afgegooi is. Toe haar lyk ontdek is, het sy ’n gebreekte nek en steekwonde aan die maag gehad.

“Die volharding deur die speurders van Hlobane om die saak op te los, het daartoe gelei dat die verdagte Vrydagaand in hegtenis geneem is ná ’n uitputtende operasie met die Vryheid-honde-eenheid. Die 38-jarige verdagte het uit sy huis gevlug en in ’n digte bergagtige woud weggekruip in ’n poging om sy inhegtenisneming te ontduik.”

Die verdagte is tans in aanhouding op twee klagte van moord en een van verkragting en sal binnekort in die landdroshof op Vryheid verskyn.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die inhegtenisneming verwelkom en die span geloof wat die hele dag deur gewerk het om die saak op te los.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Geweld Teen Vroue  |  Misdaad  |  Gendergeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.