Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas vir skietdood op baba

’n Agt maande oue baba is Dinsdag in Wolseley in haar pa se arms doodgeskiet.

Hy is ook in die skietvoorval gewond toe vier mans by sy huis in Pine Valley instorm en begin skiet. Die meisie se ma was ook by die huis gewees, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder.

Die polisie het ’n 34-jarige man vir die moord in hegtenis geneem.

“Die polisie in Wolseley ondersoek sake van moord en poging tot moord ná die skietvoorval Dinsdag omstreeks 19:20 in dié informele nedersetting.

“Volgens inligting was die slagoffer en sy vrou tuis toe die mans binnekom. Een van die verdagtes het op die man geskiet terwyl hy sy dogter vasgehou het.

“Hy is in die hospitaal opgeneem.”

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Wolseley verskyn.

Meer oor:  Wolseley  |  Baba  |  Inhegtenisneming  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.