Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas vir skietery waarin 19-jarige sterf

’n 21-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem weens die moord op ’n jong vrywillige werker van die hulporganisasie Gift of the Givers, wat verlede Vrydag in ’n bendeskietery in Hanover Park in Kaapstad gesterf het.

Bheki Cele, minister van polisie, praat met Mogamat Alwie, Noordien se pa. Regs onder is Noordien se sussie, Shabiega. Foto: Adrian de Kock

Amierodeen Noordien (19) is dood nadat hy in die kruisvuur beland het. Hy het egter daarin geslaag om sy 16-jarige suster, Shabiega, uit die pad te stoot oomblikke voordat die skote geklap het.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die verdagte het homself aan die polisie oorgegee nadat wyd na hom gesoek is.

“Hy het hom Donderdag by die Philippi-polisiekantoor aangemeld. Hy sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Wynberg verskyn.”

Volgens Traut word die voorval steeds ondersoek en is dit moontlik dat die verdagte ook van ander misdade aangekla kan word.

Die inhegtenisneming kom net dae nadat Bheki Cele, minister van polisie, rouklaers op ’n roudiens by Noordien se ouerhuis in Surwood Walk, Hanover Park, verseker het dat die polisie sal optree en binnekort ’n deurbraak sal maak.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  André Traut  |  Kaapstad  |  Skietery  |  Bendeskietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.