Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat 2-jarige verkrag

’n Man van Boksburg is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ’n tweejarige kind.

Die 34-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem, sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Die kind, van Reigerpark, is na bewering seksueel aangerand toe haar ma haar Dinsdag in die sorg van die man gelos het terwyl sy gaan werk het.

Die aand het die kind egter vreemd begin optree en is na ’n hospitaal geneem. Personeel het toe agtergekom die kind is verkrag.

Die verdagte verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof in Boksburg.

Meer oor:  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.