
Die kiste bier waarop die polisie in Harrismith beslag gelê het. Foto: SAPD
Die polisie in Harrismith het op ’n groot aantal kiste bier beslag gelê nadat hulle ’n wenk uit die gemeenskap ontvang het.
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê ’n 57-jarige man het ’n werksbakkie gebruik om die drank te vervoer.
Polisielede wat patrollie gery het, het die bakkie gesien wat aan hulle beskryf is en die bestuurder aangesê om stil te hou.
Mbambo sê die bakkie se laairuimte was vol bier gepak.
Die polisie het op die drank beslag gelê en die man is met R5 000 beboet vir die verontagsaming van die inperkingsregulasies.