Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat chroom van R2,6 miljoen myn
chroom
'n Man wat na bewering onwettig chroom gemyn het, is vasgetrek.

Die Valke in Noordwes het ’n man vasgetrek wat na bewering deel was van ’n groep wat onwettig sowat 170 ton chroom van sowat R2,6 miljoen gemyn het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, sê in ’n mediaverklaring die man en sy vermeende makkers is Saterdag in die Rustenburg-omgewing met ’n paar vragmotors met chroom betrap. Beslag is op die voertuie en die vragte gelê.

Behalwe die Valke, was ook die Rustenburgse blitspatrollie, die departement van minerale hulpbronne en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by die inhegtenisnemings betrokke.

Volgens Rikhotso het die ander verdagtes daarin geslaag om te vlug en hulle was teen Maandag nog nie opgespoor nie.

Die 57-jarige man wat aangekeer is, word aangekla van onwettige mynbedrywighede, maar nóg aanklagte kan moontlik later bygevoeg word.

Hy sal binnekort in die landdroshof in Mogwase verskyn, het Rikhotso gesê.

Meer oor:  Mynbou  |  Noordwes  |  Misdaad  |  Chroom  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.