Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat glo hondegevegte hou

’n Man (30) is in Limpopo in hegtenis geneem nadat 22 honde vasgemaak aan kettings en in hokke glo op sy erf aangetref is.

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV) het Maandag gesê hy het ’n dringende klagte ontvang dat hondegevegte vermoedelik op ’n eiendom in Modimolle (Nylstroom) plaasvind.

Spiderman, een van die 22 honde wat gered is van ’n erf in Modimolle, Limpopo waar die eienaar in hegtenis geneem is. Foto: NRDBV

Met begeleiding van die polisie het inspekteurs van die NRDBV die erf in Phagameng deurgesoek en 22 honde “tussen die rommel, gemors en modder” aangetref, lui die NRDBV se verklaring.

Daarby is twee varkies en drie skilpaaie wat na bewering onwettig gevang is, ook van die perseel verwyder.

“Die diere se oop wonde en afgryslik littekens vertel die verhaal van honde wat nie net slagoffers van hondegevegte is nie, maar ook teen wildevarke losgelaat is in onwettige jag en gevegte.”

Wendy Willson, bestuurder van die NRDBV se spesiale ondersoekeenheid, sê die man is op die toneel in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

Hy sal Woensdag op verskeie aanklagte in die landdroshof verskyn, onder meer in verband met die Wet op Dierebeskerming en verordenings oor natuurbewaring.

Sassy, een van 22 honde wat inspekteurs van die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV) op ’n erf in Modimolle, Limpopo, aangetref het. Foto: NRDBV
Meer oor:  Wendy Willson  |  Limpopo  |  Hondegevegte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.